Public listing
Ajani | Vaktoetsbeampte: Megatronika/Elektries/Meulmaker
- Work modeNo
- ListedPosted 7 hours ago
- SourceBreezy
Role overview
About the role
Description supplied by the original job listing.
Ajani is ‘n Afrikaanse maatskappy wat funksioneer binne ‘n Christelike waardestelsel. Ajani is betrokke by die uitplasing van ambag studente vir die voltooiing van hul werkgerigte leer komponente en fasiliteer ook die skedulering van vaktoetse vir studente wat hul leerprogramme suksesvol voltooi. Om aan die aanvraag vir vaktoetse vir die Beroepskwalifikasies te voldoen, bestuur Ajani tans ‘n onafhanklike Vaktoets-sentrum wat in Derderpoort, Pretoria gestasioneer sal wees.
Die doel van hierdie pos is die fasilitering van vaktoetse in lyn met regulatoriese vereistes asook die beplanning, voorbereiding en aflewering van opskerping sessies ter voorbereiding van vaktoetse. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van toetsing en opskerping in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid.
Posvereistes:
Rooiseël as Meulmaker/Elektrisiën/Megatroniese Tegnikus, met minimum 3 jaar se industrie relevante ondervinding in die volgende:
Outomatisering-, en PLC programmering (TIA Siemens sal voordelig wees).
Kennis van robot programmering (FANUC sal voordelig wees).
Bereidwilligheid om, indien nie reeds geregistreerd by NAMB nie, ‘n Assessor- en Moderator-kursus te voltooi, waarvoor opleiding deur die organisasie voorsien sal word.
Rekenaargeletterd in MS Office-pakkette.
Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:
Kennis en ondervinding in opleiding en fasilitering van vaktoetse sal tot die aansoeker se voordeel strek
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
Uitstekende interpersoonlike- en administratiewe vaardighede
Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal
Doelgerig
Organiserings- en beplannings vaardighede
Professionele aanslag
Indien jy aan die vereistes voldoen, voltooi asseblief jou aansoek voor of op 20 November 2026.
Skills
PLC
Work arrangement
No
Skills from the listing
- PLC
Your early-applicant advantage
How quickly JobBeeper finds and shares openings.
Job alerts
Get notified about new openings
Set your preferences and JobBeeper will send matching roles as it finds them.